Kontak Ons:

+27 12 345 5931

gustav@gustavgous.co.za

Fiks vir die lewe

Aanlyn Programme en kort Kursusse 

deur

dr Gustav Gous

om jou te help om die uitdagings van die lewe te hanteer en jou toerus om ‘n sukses te maak van jou lewe en jou verhoudinge.


In elke radioprogram word belangrike insigte gedeel. 


Om werklike verandering en verbetering in jou lewe aan te bring, moet jy:

(i) luister en besef wat jy anders kan doen, maar dan moet jy 

(ii) daadwerklike aksie-stappe neem. Op hierdie webwerf vind jy PDFs met aksieprogramme. Sleg met aksie kan jou lewe beter word. Die praktiese aksieprogramme is daar dat jy kan implementeer wat jy leer. 


Jy kan ook hier voorstelle maak vir onderwerpe waaroor jy lewensraad soek.


Vul hierdie vorm in

How to find your lost temper


Besoek ons ​​aanlyn winkel vandag vir meer inligting.


Winkel

How to divorce successfully. Seven steps.

‘n Program deur dr Gustav Gous


Besoek ons ​​aanlyn winkel vandag vir meer inligting.


Winkel

Die 10punt 2ring-plan vir 'n gelukkige huwelik


Besoek ons ​​aanlyn winkel vandag vir meer inligting.


Winkel

Hoe om aan te gaan na die dood van 'n geliefde.


Besoek ons ​​aanlyn winkel vandag vir meer inligting.



Winkel

Hoe maak ek 'n sukses van my lewe?

Jy moet vaardig en fiks wees om die spel van die lewe te speel .

 

Hierdie website ondersteun die gewilde RSG radioprogram: Fiks vir die Lewe, met meer volledige kursusse oor die onderwerpe wat op die radio programme behandel word.

Programleier: dr Flip Loots

Lewensafrigter: dr Gustav Gous

Hier kry jy die vaardighede en gereedskap om belangrike aspekte van die lewe te hanteer.


Fiks vir die lewe 26 Junie 2022

Daar is mense wat sê dat hulle nie gemaak is vir liefdesverhoudings nie, want niks werk uit nie. Bestaan daar sulke mense? Hoe bou jy aan ‘n gesonde liefdesverhouding?




Fiks vir die lewe 19 Junie 2022

Mense sê deesdae maklik: “Ek is lewensmoeg en sien vir niks meer kans nie. Ek het nie meer energie vir die lewe nie.” Hoe gemaak om weer energie te kry vir die eise van elke dag?



Fiks vir die lewe 12 Junie 2022

Ons wil graag iemand glo, maar staan dikwels verleë ons agtergekom dat hulle ‘n leuen vertel of gelewe het. Hoe onderskei ons tussen waarheid en leuen?



Meer oor Gustav Gous

Gustav is ‘n ervare internasionale spreker en lewensafrigter met kliënte op 5 konintente. Hy passievol is oor die lewe, en om mense te help om die meeste van hulle lewens te maak. 


Hy was vir bykans 10 jaar die maatskappy berader/coach vir die petro-chemiese maatskappy Sasol.


Hy tree op as lewensafrigter vir ‘n hele aantal senior bestuurders van verskeie maatskappye - nasionaal en internasionaal..


Hy was vantevore die President van die “Professional Speakers Association of Southern Africa,” asook van die “Professional Speakers Association” van Namibië. 


Hy het die gesogte CSP toekenning (Certified Speaking Professional award) in 2010 in Amerika ontvang – een van slegs +-900 sprekers ter wêreld wat dit die afgelope 40 jaar ontvang het. 


Hy is ingehuldig in die ‘Speakers Hall of Fame” (HoF) in Namibia


Hy is outeur van die boeke getiteld: “Fiks vir die Lewe”, “‘n Lewe waaroor jy mal is” (Carpe Diem) asook “Get-a-Life in 40 days” en hy bied ook die “Get-a-Life” Lewensbeplannings werkswinkels internasionaal aan. Hy help bestuurspanne in maatskappye met kursusse oor “Lewens/Werk integrasie.  worklifeworkshop.co.za


Sy huweliksprogram: “Die 10punt 2ring plan vir ‘n gelukkige huwelik” het al baie liefdespare gehelp.


Hy was vantevore ‘n dosent aan die Universiteit van Pretoria en die Universiteit van Suid Afrika. Hy bied tans modules in MBA en DBA programme aan vir twee Franse Universiteite/Bestuurskole, vir hulle studente in die Midde Ooste.


Hy is bekend vir sy transformasie leierskap programme op Robben Eiland getiteld: “The Short Walk to Freedom”.


Hy het n groot belangstelling in diversiteit en hoe om mense van verskillende standpunte, gelowe en kulture te kry om saam te werk. Maatskappye gebruik hom vir “Diversiteits Intelligensie” programme.


Een van sy groot vreugdes is, om die Lewnsafrigter te wees op die gewilde RSG radioprogram: Fiks vir die Lewe.

 

www.gustavgous.co.za 


Share by: